Die gesloopte huis
Het die huis gehuil
omdat sy raafswart venster rame
uitgepluk was
of die houtplanke van sy vloer
afgeskil word
of die derms van sy kombuis uitgeryg
was
of sy mure en dak tot fyn wit poeier
veras het?
Of het die huis gehuil
omdat hy stoksiel salig alleen
met ‘n paar enkel bome
en ‘n oorvergroeide grasperk
gebly het
in 'n tuin sonder blomme?