Tuesday, October 25, 2016



Die gesloopte huis

Het die huis gehuil
omdat sy raafswart venster rame uitgepluk was
of die houtplanke van sy vloer afgeskil word
of die derms van sy kombuis uitgeryg was
of sy mure en dak tot fyn wit poeier 
veras het?

Of het die huis gehuil
omdat hy stoksiel salig alleen
met ‘n paar enkel bome
en ‘n oorvergroeide grasperk
gebly het 
in 'n tuin sonder blomme?



Nagwaak

Ek het langs jou bed gesit
terwyl jy ‘n orkes dirigeer
waarna net jy kan luister

al die emosies wat om jou kop rondfluister
 drome wat jou na vreemde plekke jaag
 al die wonders wat jy nog wil waag

voordat jy jou oe
vir die eerste keer oopmaak
weet ek is daar

vir die nagwaak.