"Where shall I begin, please your majesty ?"
"Begin at the beginning", the king said gravely, "and go on until you reach the end: then stop."
Lewis Carrol
Sy wonder oor realiteit
in haar pophuisdrome
met opgestopte hase.
Want waar is die begin ?
Waar eindig
'n begin
as die aand duisendpoot
krul om haar
stukkende teepot
haar glasoƫ
en valletjies-voorskoot.
Waar begin 'n einde ?
As die horlosie
vinger-alleen
gaan staan het
die nag deurweek
met brandewyn en tee
en haar lapmond
nie kan praat
nie.
Mandi Axmann, 1995
No comments:
Post a Comment