Friday, June 15, 2007

Soos die Seisoene val..


I.

ek swem alleen

in 'n see van ys

vorm

kristalle

in my hande

wens

ek kon teen

jou palms

smelt

II.

ek is dragtig

met jou liefde

droom

met elke botsel

beweging

net van jou

III.

beskerm hierdie vrug

begenadig dit

teen bakterieë

teen larwes

teen insekte

wat genadeloos

daarna pik

IV

ek vra seën

vir die oesgety

kristalle

vervloei tot reën

tot die gille

van 'n ander

lewe

Mandi Axmann, 1995

No comments: