Wat
wat nie alreeds gesing of
geskryf is nie?
Ek en jy
in 'n stadige wals
in 'n sirkelpas
van jy en ek
wat uitkring verby
begrip of verstaan
ons voete volg die note
so onnadenkend
want ons is hier
en dis genoeg.
Mandi Axmann, 1998
No comments:
Post a Comment