Jou laaste lied
Was tydloos en gewigloos
Dit het hoog opgeskiet
En jy kon ver sien
Hoër as waar voëls bo wolke vlieg
Meer as die dowwe maan se glans
Verder as die roggelende afgronde teen kranse
Jou laaste note
Was suiwer en perfek
Mooier as die son se ondergaan
Vaartbelyn soos planete op hul baan
Vredevol soos 'n arend se landing
Op sy nes.
Opgedra aan Linda Rennie, 2000
No comments:
Post a Comment