As ek moes reis
Sou dit wees na my hart toe
Ek onthou
die swart grond van hartstog
die hoë eike van liefde
die stil weemoed van 'n rustelose see
As ek moes droom
Sou dit wees na my siel toe
My sweeftog verewig
bo jou land
hou tog my trane naby jou
omsluit my liefde in jou skadu
koester my liggaam teen die palm van jou hand..
Mandi Axmann, 2000
No comments:
Post a Comment