Friday, June 15, 2007

Ceres se dogter

Hy kon oos kyk.

Na waar die son se logge liggaam

opgekrul teen die horison lê.

Waar die wind 'n jagter is

met wit pluime in sy hare

die assegaai-stilte

van die nag deurboor.

Sy het uit die weste gekom.

Met sterre in haar hande

op 'n jong takbok

wat struikel

voor die dag

se oorloglogskreet.

Vir 'n oomblik

kon hy haar mond

in die ryp koue

proe.

Mandi Axmann, 1996

No comments: