Hy kon oos kyk.
Na waar die son se logge liggaam
opgekrul teen die horison lê.
Waar die wind 'n jagter is
met wit pluime in sy hare
die assegaai-stilte
van die nag deurboor.
Sy het uit die weste gekom.
Met sterre in haar hande
op 'n jong takbok
wat struikel
voor die dag
se oorloglogskreet.
Vir 'n oomblik
kon hy haar mond
in die ryp koue
proe.
Mandi Axmann, 1996
No comments:
Post a Comment