Friday, June 15, 2007

Die leë huis

Die leë huis is kaalgestroop

Van inhibisies

Van eksentrukiteite

Van voor- of afkeure

Net 'n paar bokse in die hoek

herinner aan dit wat ons agterlaat

aan alles wat ons saamvat

net stories kan vertel

dat ons eens hier geleef het

Mandi Axmann, 2002

No comments: