Fluister warm teen my oor
of was dit die wind
wat my so laat giggel
met uitgespreide arms
kaal in die reën
ek wil so graag
vergeet om te huil
die druppels
hard teen my vel
ek wil so graag
onthou dat jy my liefhet
bosse blomme versamel...
fluister warm teen my oor
Mandi Axmann, 1999
No comments:
Post a Comment