As ek vir jou dans
met my siel in my voete
met trane in die fladdering van my hande.
Sien jy die musiek ?
Proe jy die musiek ?
Dis manna op ‘n winterveld
Dis heuning op my tong
Dans dan die musiek
Dans, tol, draai, dans, tol, draai...
Die note word 'n landskap
met die swaai van my arms
die ritme roep
oer-oue stemme
uit 'n wildernis van note.
Dan
my skoene uittrek
kaalvoet voor jou staan
omdat jy onbevrees
bly kyk.
Mandi Axmann, 1998
No comments:
Post a Comment