Daar is dae
wanneer ek stil word
my siel het ek iewers verloor
tussen ronde rotse
en 'n blaar-blink see
tussen die note van 'n houtfluit
wat deur die verstrengelde bome verdwaal
note wat seediere in die dieptes laat roer.
Daar is nagte
wanneer ek wakker word
my hart het iewers agtergebly
in die hartklop van 'n warm herfsnag
voel ek nog die hitte
van jou tong teen my keel
my liggaam is so leeg
gelos.
Mandi Axmann, 1997
1 comment:
I wish I understood Afrikaans (*sigh*)...
Post a Comment